Privaatheidsbeleid

Privaatheidsbeleid

In hierdie privaatheidsbeleid word uiteengesit hoe Innovus enige inligting wat jy aan ons verskaf wanneer jy hierdie webtuiste besoek, gebruik en beskerm. Innovus when you use this website. Innovus is daartoe verbind om te verseker dat jou privaatheid beskerm word. Sou ons jou vra om inligting te verskaf waardeur jy geïdentifiseer kan word wanneer jy die webtuiste gebruik, kan jy verseker weet dat hierdie inligting slegs in ooreenstemming met hierdie privaatheidsverklaring gebruik sal word. Innovus kan hierdie beleid van tyd tot tyd verander wanneer hierdie bladsy bygewerk word. Besoek hierdie bladsy dan en wan om te verseker dat jy met enige veranderinge tevrede is. Hierdie beleid is van krag vanaf [01/11/06].

Die soort inligting wat ons van jou versoek

Jy kan versoek word om die volgende inligting te verskaf:

  • naam en postitel
  • kontakinligting insluitend e-posadres
  • demografiese inligting soos poskode, voorkeure en belangstellings
  • ander inligting met betrekking tot kliëntopnames en/of aanbiedinge

Wat ons met die inligting doen

Ons het hierdie inligting nodig om jou behoeftes te begryp en 'n beter diens aan jou te lewer, en in besonder om die volgende redes:

  • Interne rekordhouding.
  • Ons kan die inligting gebruik om ons produkte en dienste te verbeter.
  • Ons kan die e-posadres wat jy aan ons gegee het, gebruik om van tyd tot tyd reklame-e-posse te stuur oor nuwe produkte, spesiale aanbiedinge of ander inligting waarin ons dink jy sal belangstel.
  • Ons kan ook jou inligting gebruik deur van tyd tot tyd met jou in verbinding te tree (per e-pos, telefoon, faks of pos) om marknavorsing te doen.
  • Ons kan die inligting gebruik om die webtuiste volgens jou belangstellings pas te maak.

Sekuriteit

Ons is daartoe verbind om te verseker dat jou inligting veilig is. Ten einde ongemagtigde toegang of bekendmaking te voorkom, het ons geskikte fisiese, elektroniese en bestuurprosedures in plek gestel om die inligting wat ons via die internet verkry, te beveilig.

Hoe ons koekies gebruik

'n Koekie is 'n klein lêertjie wat toestemming vra om op jou rekenaar se hardeskyf geplaas te word. As jy toestemming verleen, word die lêer bygevoeg en die koekie help om die webverkeer te analiseer of laat jou weet wanneer jy 'n spesifieke webtuiste besoek. Koekies maak dit vir webtoepassings moontlik om op jou as individu te reageer. Die webtoepassing kan sy werkinge volgens jou behoeftes, voorkeure en afkere pasmaak deur inligting oor jou voorkeure te versamel en te stoor. 

Ons gebruik koekies wat webverkeer boekstaaf om te bepaal watter webblaaie gebruik word. Dit help ons om data oor webbladverkeer te analiseer en ons webtuiste te verbeter deur dit volgens die kliënt se behoeftes pas te maak. Ons gebruik hierdie inligting slegs vir statistieseanalise-doeleindes en dan word die data van die stelsel verwyder.

Deur koekies te gebruik, kan ons monitor watter webblaaie jy nuttig vind en watter nie. Op dié manier kan ons jou 'n beter webtuiste bied. 'n Koekie kan ons glad nie toegang tot jou rekenaar of enige inligting oor jou gee behalwe dié data wat jy self aan ons wil bekendmaak nie.

Jy kan kies of jy koekies wil aanvaar of afwys. Die meeste weblesers aanvaar koekies outomaties, maar as jy wil, kan jy gewoonlik jou webleser stel om koekies af te wys. Dit kan jou egter verhoed om ten volle voordeel uit die webtuiste te trek.

Skakels na ander webtuistes

Ons webtuiste kan skakels bevat wat jy kan gebruik om ander webtuistes te besoek. Let egter daarop dat as jy eers ons webtuiste verlaat het, ons geen beheer oor die ander webtuistes het nie. Daarom kan ons nie verantwoordelik gehou word vir die beskerming en privaatheid van enige inligting wat jy verskaf terwyl jy ander webtuistes besoek nie. Ander webtuistes is nie onderhewig aan hierdie privaatheidsverklaring nie. Wees versigtig en lees die betrokke webtuiste se privaatheidsverklaring goed deur.

Beheer jou persoonlike inligting

Jy kan kies om die verkryging of gebruik van jou persoonlike inligting te beperk deur die volgende te doen:

  • Wanneer jy gevra word om 'n vorm op 'n webtuiste in te vul, soek die boksie wat jy kan kliek om aan te dui dat jy nie wil hê die inligting moet deur enigiemand vir direkte bemarkingsdoeleindes gebruik word nie.
  • As jy reeds ingestem het dat ons jou persoonlike inligting vir direkte bemarkingsdoeleindes mag gebruik, kan jy enige tyd van plan verander en ons in kennis stel deur 'n e-pos te stuur na dj@sun.ac.za.

Ons sal nie jou persoonlike inligting aan derde partye verkoop, versprei of verhuur tensy ons jou toestemming het of regtens verplig word nie. As jy daartoe instem, kan ons jou persoonlike inligting gebruik om bemarkingsinligting oor derde partye wat ons dink jy interessant sal vind, aan jou te stuur.

Ingevolge die Wet op die Beskerming van Data 1998 mag jy die besonderhede van die persoonlike inligting wat ons oor jou het, versoek. 'n Klein fooi is wel vir hierdie diens betaalbaar. As jy 'n afskrif wil hê van die inligting wat ons oor jou het, stuur asseblief 'n e-pos na dj@sun.ac.za. As jy dink dat die inligting wat ons oor jou het verkeerd of onvolledig is, kan jy ook bogenoemde e-posadres gebruik om ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel. Ons sal dadelik inligting wat ons vind verkeerd is, regstel.

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel