skip to content

Bedryf en beleggers

Verteenwoordig jy die bedryf of is jy ‘n belegger wat in ‘n opwindende nuwe tegnologie wil inkoop? Moenie verder soek nie! InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch, nooi jou uit om met ons in aanraking te kom oor ‘n groot verskeidenheid geleenthede vir belegging en betrokkenheid.

As ‘n maatskappy wat tot dusver baie goed gevaar het op die gebied van suksesvolle samewerking, kan ons jou verseker dat jou belegging – hetsy tyd of geld –  goud werd sal wees.

InnovUS is dus trots om die idees en uitvindings van die baasbreins by ons Universiteit te ondersteun en die nodige blootstelling te gee. Ons ondersteun fakulteitslede en studente ten opsigte van intellektuele eiendom, lewensvatbare produkte, en die moontlike kommersiële aanwending van idees.

As sodanig is ‘n verskeidenheid tegnologieë in ingenieurswese, mikrobiologie, chemie, medisyne, biochemie, ekologie en biotegnologie beskikbaar vir beleggers en maatskappye deur middel van die lisensiëringsooreenkomste en/of verkope wat met omsigtigheid bestuur word. Kliek hier om sommige van die tegnologieë wat tans vir aanwending beskikbaar is, te besigtig.

Ons nooi ook kundiges in die bedryf uit om in ‘n adviserende hoedanigheid betrokke te raak. Indien jy belangstel om met die proses te help – veral as dit tot kommersialisering lei – tree gerus met ons in verbinding. Jy kan gerus ook ons tegnologie-adviesgroep  skakel vir advies om in InnovUS se tegnologieë te belê.

Vir verdere inligting oor die beskikbare tegnologieë en om jou dienste in ‘n adviserende kapasiteit beskikbaar te stel, skakel Anita Nel by +27 21 808 3079, +27 21 808 3826 of info@innovus.co.za.

SOEK
Algemene vrae (FAQ) | Terreinkaart
NUUSBRIEF NUUSBRIEF
IE BELEID IE BELEID
BEKENDMAKINGSVORM BEKENDMAKINGSVORM
INNOVUS GIDS INNOVUS GIDS
VIR UITVINDERS VIR UITVINDERS
DOKUMENTE AFGELAAI DOKUMENTE AFGELAAI
ONTMOET ONS NAVORSERS ONTMOET ONS NAVORSERS
InnovUS
InnovUS
InnovUS Technology Transfer (Edms.) Bpk.
De Beerstraat 15
Stellenbosch
7600
Suid-Afrika
Tel: (27) (21) 808-3826
Faks: (27) (21) 808-3913
Kliek hier vir 'n kaart na ons kantore.
InnovUS Volg ons op Facebook
POS BESKIKBAAR
Tektique
Kortkursusse

Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University