Bekendmakingsvorm
Die doel van die bekendmakingsvorm is om inligting rakende ’n nuwe uitvinding of sake-idee op ’n vrywillige basis aan die US bekend te maak sodat die US die betrokke party se inisiatief kan ondersteun en kan verseker dat alle moontlike intellektuele eiendomsregte voldoende namens die individu en die US beskerm word. Dit sal die individu en die US daartoe in staat stel om sodanige idee in vennootskap kommersieel te ontgin, terwyl die regte van die entrepreneur(s) ook beskerm word.
InnovUS Reklamevorm – Bemarkingsmateriaal vir Tegnologie
Bemarkingsmateriaal vir beskikbare tegnologie.
DALRO
US het ’n dekkende lisensieooreenkoms met DALRO (Dramatiese, Artistieke en Literêre Regte Organisasie). Dosente hoef nie vooraf om outeursregklaring aansoek te doen nie, maar slegs retrospektief oor kopiëring verslag doen.
Ooreenkoms oor Nie-openbaarmaking (vir een spesifieke projek)
Hierdie konsepooreenkoms vir een spesifieke projek beskryf die bepalings waarvolgens US normaalweg alle inligting van sy kliënte vertroulik hanteer en dat dit aan geen ongemagtigde derde party in ’n skriftelike of enige ander vorm geopenbaar sal word nie. Hierdie konsepooreenkoms is onderworpe aan onderhandeling.
Ooreenkoms oor Nie-openbaarmaking (vir meer as een projek)
Hierdie konsepooreenkoms vir meer as een projek beskryf die bepalings waarvolgens US normaalweg alle inligting van sy kliënte vertroulik hanteer en dat dit aan geen ongemagtigde derde party in ’n skriftelike of enige ander vorm geopenbaar sal word nie. Hierdie konsepooreenkoms is onderworpe aan onderhandeling.
Standaardnavorsingskontrak
Hierdie konsepooreenkoms beskryf die bepalings waarvolgens US normaalweg navorsing vir sy kliënte doen en is onderworpe aan onderhandeling.
Samewerkingsooreenkoms
Die US se standaard samewerkingsooreenkoms
NDA Eksamineerder
Die US se standaard eksamineerder- NDA-ooreenkoms
Verswygingsooreenkoms (Besigheid)
US- verswygingsooreenkoms met besigheid
Ontwerpverswygingsooreenkom (Besigheid)
US- ontwerpverswygingsooreenkoms met besigheid
Verswygingsooreenkoms (Navorsing)
US-verswygingsooreenkoms vir navorsers
Verswygingsooreenkoms (Navorsingsassessors)
US-verswygingsooreenkoms vir navorsingsassessors
Materiaaloordragooreenkoms
Die materiaaloordragooreenkoms moet deur die party aan wie US van voorneme is om materiaal vir navorsingsdoeleindes beskikbaar te stel, onderteken word alvorens die materiaal versend mag word. Hierdie konsepooreenkoms is onderworpe aan onderhandeling.
Dienstekontrak (Kontrakwerk)
Hierdie konsepooreenkoms beskryf die bepalings waarvolgens US normaalweg konsultasiewerk vir sy kliënte doen en is onderworpe aan onderhandeling.
IE- beleid
US beleid oor die benutting van intellektuele eiendom
Wet op Suid-Afrikaanse Patente No. 57 van 1978
Wet op Suid-Afrikaanse Patente No. 57 van 1978
Wet op die Regte van Plantkwekers No. 15 van 1976
'n Stelsel waarvolgens plantkwekers se regte ten opsigte van variëteite van sekere plantsoorte toegestaan en geregistreer mag word; vir die vereistes waaraan voldoen moet word vir die toestaan van sodanige regte; vir die beskerming van sodanige regte en die toestaan van lisensies vir die uitoefening daarvan; en om vir toevallige sake voorsiening te maak.
Wet op Outeursreg No.98 van 1978
Suid-Afrikaanse Wet op Outeursreg
Wet op Kineografie No. 62 van 1977
Suid-Afrikaanse Wet op Kineografie
Wet op Handelsmerke No, 194 van 1993
Suid-Afrikaanse Wet op Handelsmerke
Wet op Geneties Manipuleerde Organismes No. 15 van 1997
Suid-Afrikaanse Wet op GMO
Wet op Intellektuele Eiendomsregte van Staatsgefinansierde Navorsing en Ontwikkeling No. 51 van 2008
Suid-Afrikaanse Wet op IE
Regulasies uitgevaardig ingevolge artikel 17 van die Wet op Intellektuele Eiendomsregte van Staatsgefinansierde Navorsing en Ontwikkeling No. 51 van 2008 51 of 2008
Regulasies van die Suid-Afrikaanse Wet op IE
Openbaarmakingsvorm vir sake-idee
Die doel van hierdie openbaarmakingsvorm is om vrywillig inligting beskikbaar te stel oor ‘n nuwe sake-idee aan US.
Vertroulikheidsooreenkoms
Hierdie konsepooreenkoms beskryf die bepalings waarvolgens US gewoonlik vertroulike inligting hanteer.
