skip to content

Intellektuele Eiendom > Lisensiëring

    SOEK 

Wat is ʼn lisensie?

Dit staan eienaars van intellektuele-eiendom-(IE)-regte vry om ander toe te laat om hulle regte uit te oefen. Toestemming om ʼn reg uit te oefen staan as ʼn “lisensie” bekend. In hierdie ooreenkoms gee die houer van die reg aan ʼn derde party toestemming om genoemde reg te gebruik in ruil vir een of ander vorm van vergoeding. Dit neem gewoonlik die vorm van tantième of die betaling van ’n enkelbedrag.

Hoekom het ek ʼn beskermde IE-reg nodig om te lisensieer?

  • Hulpmiddel tydens onderhandeling en/of bedinging
  • Beskerming van jou uitvinding
  • Té vroeë patentering kan later probleme veroorsaak!

Hoekom moet ek lisensieer?

  • Om geld te maak!
  • Lisensiëring vermenigvuldig die hulpbronne ten einde jou uitvinding te ontwikkel
  • Strategiese vennote merk geleenthede en bedreigings op wat jy nie sien nie
  • Jy kan moontlik ’n bietjie laerisiko-geld maak en jy kan dit vinnig maak

Is daar enige negatiewe aspekte rakende lisensiëring?

  • Mens verloor algehele beheer oor die tegnologie
  • Jou eie betrokkenheid word verminder
  • Dit is moeilik om die regte lisensiehouer/strategiese vennoot te kry
  • Dit is van die allergrootste belang om jou belange te beskerm!

Verskillende soorte lisensiëring

  • Eksklusiewe lisensiëring
    Ingevolge hiervan is slegs die lisensiehouer daarop geregtig om die gelisensieerde regte te gebruik
  • o Alleenlisensie
    Dit is soortgelyk aan ʼn eksklusiewe lisensie behalwe dat die lisensie-verlener ook die reg het om die gelisensieerde regte te gebruik
  • Nie-eksklusiewe lisensie
    Ingevolge hiervan behou die lisensie-verlener die reg om ander derde partye te lisensieer om die gelisensieerde regte tegelyk te gebruik

Erkennings:
Gerard Verhoef


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University