skip to content

Meer oor InnovUS

» Ons mense » Resident- intellektuele eiendomsprokureurs » Ontmoet US navorsers » Ons prosesse
    SOEK 

InnovUS, Universiteit Stellenbosch se tegnologie-oordragmaatskappy, is in 1999 gestig. Ons het ten doel die kommersiële aanwending van die intellektuele eiendom van die Universiteit se fakulteitslede en studente, of uitvinders, soos ons verkies om hulle te noem.

Kortliks, ons help hierdie uitvinders om hul uitvindings te kommersialiseer en maak hul idees 'n lewensvatbare werklikheid deur:

  • Voortydige openbaarmaking van idees te verhoed om sodoende die mededingende voordeel te verhoog;
  • Die beskerming en begrip van hul intellektuele eiendom te bevorder;
  • Die lewensvatbaarheid van hul idees te bepaal;
  • Bruikbare uitvindings te registreer en te patenteer;
  • Die lisensiëring of stigting van afwentelmaatskappye vir hul finansiële gewin te vergemaklik, en
  • Hulpverlening met die bekendstelling en toepassing van hul navorsingsresultate in die bedryf.

Kliek hier om vas te stel hoe ons proses werk.

Ons aktiwiteite is in ooreenstemming met Universiteit Stellenbosch se missie om - verbind tot die akademiese ideaal van uitmuntende wetenskaplike en vakkundige praktyk -  'n omgewing te skep en in stand te hou waarbinne kennis ontdek, gedeel en toegepas kan word tot voordeel van die gemeenskap.

Lees meer oor ons suksesvolle lisensiëringsvennootskappe en afwentelmaatskappye. Ontmoet ook ons direkteure, die res van ons span asook ons tegnologie-adviesgroep. Ons bied ook die dienste van resident- intellektuele eiendomsprokureurs aan. Jy kan nou selfs 'n konsultasie aanlyn bespreek – kliek hier vir meer inligting.


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University