| Prof. Danie Brink: Akwakultuur | 14/11/2011 |
|
Professor Danie Brink staan aan die hoof van die Afdeling vir Akwakultuur aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Genetika. Hierdie afdeling is verantwoordelik vir 'n hele paar akwakultuur-toetsprojekte langs die Suider-Afrikaanse kuslyn waar 'n verskeidenheid inheemse vissoorte soos perlemoen, geelstert, kabeljou, oesters en mossels geteel word. Daarbenewens fokus die eenheid op die ontwikkeling van kunsmatige voedselbronne vir geteelde vis en die versnelde makmaak van vis deur genetiese tegnieke soos selektiewe voortplanting. |
|
| Professor Chris Aldrich: Prosesoutomatisering | 01/08/2011 |
|
Professor Chris Aldrich se navorsing fokus op prosesoutomatisering en meer spesifiek op die ontwikkeling van fout-diagnostiese stelsels. Fout-diagnostiese stelsels word aangewend om foute, nuwighede en afwykings in komplekse stelsels op te spoor en dit kan die stelseloperateur onmiddellik in kennis te stel as 'n fout of afwyking in die stelsel geïdentifiseer is. |
|
| Doktor Hanno Reuter: Prestasie-beoordeling van industriële verkoelingstelsels en termiese kragaanlegte | 22/06/2011 |
|
Dr. Hanno Reuter se navorsing konsentreer op die verbetering van prestasie en die optimalisering van industriële verkoelingstelsels. Dr. Reuter gebruik rekenaarmatige vloeistofdinamika en eksperimente om gesofistikeerde modelle en verbeterde tegnologieë te ontwikkel ten einde die verkoelingsproses deur die verbetering van onder meer waterdistribusiestelsels, lugvloeipatrone, warmteruilers en ontwerpkonfigurasies te optimaliseer. |
|
| Doktor Dirk Stephan: Vitis Laboratorium | 13/06/2011 |
|
Dr. Dirk Stephan is die navorsingsbestuurder by die Vitis Laboratorium in die Genetika Departement aan die Universiteit Stellenbosch. Aanvanklik het die laboratorium net navorsing gedoen oor virusse wat druiwestokke besmet, maar sedertdien het dit uitgebrei tot 'n semikommersiële diagnostiese diens vir kwekers, waar patogene wat onder meer dadels, aarbeie, appels, uie en tamaties besmet, opgespoor en ontleed word. Benewens hierdie diagnostiese dienste, bestudeer die laboratorium ook mikroRNA, virale vektore en antimikrobiale peptiede in plante. |
|
| Doktor Stephen Pelly: Medisinale chemie | 11/05/2011 |
|
Dr. Stephen Pelly se navorsing fokus op medisinale chemie wat behels die ontwikkeling en sintese van nuwe geneesmiddels wat op spesifieke siektes gerig is. |
|
| Professor Thomas Jones: Rekenaarbeheerstelsels | 11/05/2011 |
|
Professor Thomas Jones is die leier van 'n groep van ses navorsers en ongeveer 30 nagraadse studente wat die aanwending van ingelate beheerders om die beheer van dinamiese stelsels soos onbemande vliegtuie te outomatiseer, bestudeer. Met behulp van ingelate beheerders kan vliegtuie geleer word hoe om op te styg en te land, van een bestemming na die ander te vlieg en probleme op pad outomaties op te los. |
|
| Professor Louw Hoffman: Vleiskunde | 03/05/2011 |
|
Professor Louw Hoffman se navorsing konsentreer op elke stadium van die vleisbedryf, van die “plaas tot die maag”. Hy bestudeer die lewensomstandighede van die diere voordat hulle geslag word, die manier waarop hulle geslag word, die wyse waarop die vleis preserveer word en die vleis se voedingswaarde. Sy navorsing strek van diere waarmee tradisioneel geboer word, pluimvee en akwakultuur (vis) tot eksotiese vleis, 'n gebied waarop hy as 'n wệreldkenner beskou word. |
|
| Professor Peter Mallon: Polimeerwetenskap | 18/04/2011 |
|
Professor Peter Mallon se navorsing konsentreer op die skepping en ontleding van polimeermateriaal met komplekse morfologie. Morfologie verwys na die vastestaatstruktuur van die polimeer waardeur sy fisieke eienskappe en dus sy toepassingsmoontlikhede bepaal word. |
|
| Dr Paul Papka: Neutronverklikker | 18/04/2011 |
|
Dr. Paul Papka, saam met 'n PhD-student in Fisika aan die Universiteit Stellenbosch, Daphney Singo, het 'n ongewone neutronverklikker ontwikkel wat die aanwesigheid van baie hoë neutronvlakke in hoëstralingsvlakke kan meet. Die verklikker bied 'n intydse lesing en kan aansienlike neutronwisseling sonder enige probleme hanteer. |
|
| Professor Johan Smith: Volumevloeimeter | 18/04/2011 |
|
|
|
| 1-10 of 56 | Next Page >> |
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?
Wat behels die navorsing?