Hierdie prokureurs skenk aandag aan aspekte soos patentering, outeursreg en handelsmerke en hanteer navrae oor spesifieke tegniese dissiplines soos chemiese ingenieurswese/materiale, elektroniese ingenieurswese, biotegnologie en mikrobiologie. Ook bied hulle 'n wye reeks dienste aan wat intellektuele eiendom beskerm, naamlik patente, handelsmerke, geregistreerde ontwerpe, outeursreg en plantkwekersregte. Hulle spesialiseer ook in die toepassing van intellektuele eiendomsregte, lisensie- en tegnologie-oordrag en portefeuljebestuur van intellektuele eiendom.
Tree in verbinding
Von Seidels is elke Woensdag tussen 9:00 en 16:00 beskikbaar vir konsultasie by InnovUS se kantore by De Beerstraat 15, Stellenbosch. Navorsers, uitvinders, personeel en studente word aangemoedig om vooraf op Woensdae tussen 9:00 en 16:00 'n konsultasie te bespreek via een van die volgende kanale:
- E-pos patent@sun.ac.za;
- Skakel Venessa Williams by 021 808 3826
Wil jy meer weet? Kliek hier om Von Seidels se webwerf te besoek.
