skip to content

Nuus en gebeure > Jongste nuus

    SOEK 
Afwentelmaatskappye bied baie voordele

Die globale tendens om universiteitsnavorsing te kommersialiseer, pas goed in die Suid-Afrikaanse konteks. Maar staatsubsidies vir universiteite raak al hoe minder terwyl die gehalte van akademiese navorsing steeds hoog is. InnovUS se HUB, Anita Nel, het onlangs in 'n artikel in die Cape Argus 'n saak uitgemaak vir die stigting van meer afwentelmaatskappye by universiteite in Suid-Afrika. Kliek hier om die volledige artikel te lees.

Artikel net in Engels beskikbaar

Lees meer...

Maak geld uit gratis programmatuur

Open Source entrepreneur Anton de Wet het onlangs by Innovus se Entrepeneursaand vir Maverick studente oor die onderwerp “Onkonvensionele beginnersondernemings: Begryp die belangrikheid van waarde” toegespreek. Sy aanbieding het 'n nuwe perspektief gebied oor ons benadering tot geld asook 'n insig oor in die teorie van spirale dinamika gebied. Hy het ook gepraat oor hoe dit moontlik is om geld te maak deur die verkoop van programmatuur.

Onkonvensionele beginnersondernemings: Begryp die belangrikheid van waarde

Aanbieding net in Engels beskikbaar

Lees meer...

Universiteitsinkubators: ‘To be or not to be’

Klein begin, aanhou win! Dit is hoe die geskiedenis van universiteits-besigheidsinkubators die afgelope dekade verloop het. Voor 2000 kon jy die bestaande paar op jou vingers tel, maar nou het universiteite, kolleges en selfs gemeenskapkolleges skouer aan die wiel gesit en begin om inkubators om elke hoek en draai en in elke gemeenskap op te rig. En dit alles gaan oor gemeenskapsbetrokkenheid en welvaart deur innovasie en ekonomiese ontwikkeling.

Universiteitsinkubators: ‘To be or not to be’

Artikel net in Engels beskikbaar

Lees meer...

Aandag alle biotegnologie entrepreneurs

Registreer nou vir 'n Sertifikaat in Bio-entrepreneurskap aangebied deur die Universiteit van Pretoria. Die kursus word van 22 -26 Augustus 2011 in Pretoria en van 19-23 September 2011 in Kaapstad gehou. Die Gevorderde Sertifikaat-kursus word na hierdie Sertifikaat-kursus aangebied, waarna tien finaliste gekies word om uitnodigings te ontvang om in Junie 2012 'n ten volle geborgde Somerskool in Switzerland by te woon. Klik hier vir meer inligting.

Let asseblief daarop dat hierdie dokumente slegs in Engels beskikbaar is.

Lees meer...

Reëls vir bioprospektering verslap

Dit is nou baie makliker vir navorsers wat by bioprospekteringprojekte betrokke is om aan die vereistes van die Wet op Biodiversiteit te voldoen. Vanaf 1 April 2011 word daar nie meer van navorsers verwag om ’n bioprospekteringpermit te verkry vir projekte wat nog nie gereed is vir kommersialisering nie, of vir projekte waarvoor ’n volledige patentaansoek nog nie ingedien is nie. Kliek hieronder vir verdere inligting oor bioprospekteringreëls en die bioprospektering-mededelingsvorm of skakel InnovUS.

• Biodiversiteit-bywerking
• Bioprospektering-mededelingsvorm

Let asseblief daarop dat hierdie dokumente slegs in Engels beskikbaar is.
 

Lees meer...

Skryf in vir die Anglo Platinum-kompetisie

Anglo Platinum en die Tegnologie Innovasie Agentskap (Technology Innovation Agency)  bespreek tans die onderskeie maatskappye se innovasiekompetisies. Hulle skenk ook oorweging aan ’n gesamentlike poging waarin Anglo Platinum die hoofborg vir die innovasiestroom van die platinum groep metale in die Nasionale Innovasiekompetisie sal wees. Kliek hieronder vir verdere inligting oor die Anglo Platinum-kompetisie of skakel InnovUS.

• Anglo Innovation-advertensie
• Anglo Innovation-brosjure
• PGM se 2011 sakeplan vir nywerheidskommersialisasie

Let asseblief daarop dat hierdie dokumente slegs in Engels beskikbaar is.
 

Lees meer...

Nuwe wet oor IE-regte dalk hupstoot vir SA ekonomie
Skeptisisme in die privaat sektor oor Suid-Afrika se nuwe wet oor IE-regte (regte op intellektuele eiendom) vir universiteite blyk dalk ongegrond te wees. In teenstelling met vrese dat dié wet tot die ‘nasionalisering’ van intellektuele eiendom kan lei, kan dit inderdaad positiewe – en winsgewende – gevolge vir die regering, universiteite én die privaat sektor hê.

Lees meer...

Sensi gebruik om hartdefekte op te spoor by kinders met gesplete verhemelte

Sensi, ’n produk van Diacoustics Medical  Devices, wat medici ondersteun in die diagnose van hartdefekte, word tans gebruik deur die La Sonrie Conmigo-stigting in Venezuela om aangebore hartdefekte by kinders met gesplete verhemeltes op te spoor. Diacoustics Medical Devices is ’n afwentelmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch.

 

Lees meer...

Technology Innovation Agency - Call for Proposals

Technology Innovation Agency (TIA) was established in terms of the TIA Act, 2008 (Act No. 26 of 2008), with the objective to stimulate and intensify technological innovation in order to improve economic growth and the quality of life of all South Africans by developing and exploiting technological innovations.

Artikel net in Engels beskikbaar
 

 

Lees meer...

InnovUS wek nou eie elektrisiteit op

InnovUS Tegnologie Oordrag (Edms.) Bpk., Universiteit Stellenbosch se volfiliaal tegnologie-oordragmaatskappy, het hul groen status gevier met ’n bekendstelling by hul kantoor Donderdag.

InnovUS se kantoor in De Beerstraat, Stellenbosch, is die eerste administratiewe gebou op die Stellenbosch-kampus wat fotovoltaïese (PV) sonkragpanele geïnstalleer het om hul eie elektrisiteit op te wek om sodoende die hoeveelheid elektrisiteit wat by die munisipaliteit gekoop word, te verminder. Hierdie projek baan die weg vir die res van die Universiteit om in hul voetspore te volg. “Ons is trots daarop om die voorbeeld te kan stel van hoe goed hierdie gevestigde tegnologie werk en watter voordeel dit vir die omgewing inhou,” sê me Anita Nel, Hoofuitvoerende Beampte: InnovUS.

Lees meer...


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University