Kommersiële aanwending
Die kommersiële aanwending van intellektuele eiendom en tegnologie by Universiteit Stellenbosch word gewoonlik deur die volgende metodes bewerkstellig:
- Regstreekse verkoop van eienaarskap van die spesifieke intellektuele eiendom aan ‘n derde party;
- Lisensiëring van die aanwendingsregte aan ‘n derde party;
- Aanwending van die intellektuele eiendom in ‘n gesamentlike onderneming met ‘n derde party deur middel van ‘n ooreenkoms;
- Stigting van ‘n afwentelmaatskappy as ‘n filiaalmaatskappy of geassosieerde maatskappy van InnovUS.
Rol af op die bladsy om die lisensiëringsgeleenthede, gelisensieërde tegnologie, lisensie ooreenkomste en afwentelmaatskappye te besigtig.
Verdere navrae oor beskikbare tegnologieë kan gerig word aan:
Anita Nel
Tel: +27 21 808 3079
E-pos: info@innovus.co.za
