Diacoustic Medical Devices (Edms.) Bpk.
Diacoustic Medical Devices (Edms.) Bpk., het in samewerking met die Universiteit Stellenbosch en met die ondersteuning van kundige mediese praktisyns in die bedryf, programmatuur vir besluitnemingsteun ontwikkel en 'n ISO-13485-toestel, Sensi, geregistreer. Hierdie toestel kan 'n mediese praktisyn help om tydens 'n pediatriese pasiënt se ondersoek, na die hart en hartklanke te luister.
Diacoustic wou nie die wiel herontdek nie, maar het eerder die stetoskoop, 'n instrument wat dokters al vir meer as 200 jaar gebruik, vir hierdie doel gebruik. Deur die samestelling van ou en nuwe tegnologieë, het hulle 'n rekenaarondersteunde ouskultasie(CAA)- toestel, Sensi, ontwikkel. Sensi is kostedoeltreffend en meer akkuraat en gevorderd om vas te stel of 'n kind 'n patologiese of onskuldige hartgeruis het. Dit spaar direkte en indirekte koste vir die pasiënt en bied aan dokters die geleentheid om hul kliniese werk te verbeter en meer vertroue in hul kardiale diagnose te hệ; daardeur word die pasiënt-dokter verhouding verbeter.
Sensi-programmatuur wat saam met 'n Welch Allyn elite elektroniese stetoskoop en 'n EKG-toestel gebruik word, registreer die pasiënt se hartklanke digitaal en ontleed dit dan op die rekenaar. Deur middel van hierdie programmatuur word hartklanke met verskillende frekwensies en intensiteit geïdentifiseer, veral die hartklanke onder normale en abnormale omstandighede. Sensi identifiseer en klassifiseer die hartgeluide en –geruis in samehang met 'n EKG-toestel en verskaf 'n volledige opsomming van die bevindinge in 'n gebruikersvriendelike formaat wat maklik is om te lees en te vertolk. Ten opsigte van die ontleding van die resultate bied dit aan die dokter die geleentheid om amper so akkuraat as 'n pediatriese kardioloog te wees.
Na verwagting word die toekoms van hartouskultasie en 'n nuwe vlak van defektiewe kardiale diagnose bevorder aangesien algemene praktisyns, kinderartse en/of vroedvroue nou visueel kan sien wat hulle hoor en dink. en hulle kan by die punt van dienslewering 'n behoorlike en sensitiewe diagnose aan pasiënte bied. Dit is belangrike dat dokters enige ongewone hartgeluide opspoor en diagnoseer en dit behandel voordat dit die pasiënt se lewe bedreig. Insgelyks moet ouers kennis dra van hul kinders se groeiende harte.
Laat herkenning van aangebore hartdefekte kan ernstige langtermyn gevolge vir pediatriese pasiënte hê en 'n doeltreffende Sensi-ondersoek lewer die volgende resultate:
- Help dokters om kliniese besluite te neem en hul vertroue in kardiale diagnose 'n hupstoot te gee;
- Verbeter die vertolking van hartklanke;
- Verminder verkeerde diagnoses;
- Verminder koste wat met onnodige verwysings na pediatriese kardioloë gepaardgaan.
Skakel Thys Cronje vir verdere inligting oor Sensi.
