Nanoveseltegnologie
Baanbrekerswerk met nanoveseltegnologie deur uitvinders aan die Universiteit Stellenbosch het tot revolusionêre tegnologieë gelei.
Professor Bert Klumperman en die nagraadse navorser Osama Bshena het ’n nuwe polimeerverbinding met permanente antimikrobiese eienskappe ontdek wat tot ’n nanoveselformaat gespin kan word.
- Permanente antimikrobiese nanovesel kan gebruik word om elemente en membrane vir die sterilisasie van water en lug te filtreer. Dit kan met groot vrug in onder meer hospitale, waterbehandelingsfasiliteite en farmaseutiese maatskappye toegepas word.
Die nanoveseltegnologieë wat onder leiding van Dr. Eugene Smit by Universiteit Stellenbosch ontwikkel is, is onlangs suksesvol gelisensieer en is dus nie meer hier beskikbaar vir verdere lisensiëring nie.
Indien u enige verdere navrae oor hierdie tegnologieë het, skakel asb.:
Dr. Eugene Smit
asmit@sun.ac.za
Kliek hier om 'n PDF met die inligting oor hierdie tegnologie te genereer.
