skip to content

Tegnologie > Tegnologieë beskikbaar vir lisensiëring

    SOEK 

Windtegnologieportefeulje

Ons windtegnologieportefeulje behels etlike projekte wat deur die Universiteit Stellenbosch se Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aangevoor is.

Projekte wat deur die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese bestuur word, behels die volgende:

  • Die Stormer™ permanente magnetiese windopwekker is ’n 6,6 kW-opwekker wat modulêr, liggewig en maklik is om te installeer en in stand te hou. Dit sal boere, landelike nedersettings en ondernemings van skoon, volhoubare energie voorsien. Hierdie opwekker word tans deur die Stellenbosch Wind Energy Technologies (SWET) gekommersialiseer.
  • Die Glip- permanente magnetiese opwekker (S-PMG) maak van ’n gesplete modulêre konsep gebruik wat die noodsaaklikheid van ’n ratkas en kraggedrewe elektroniese omsetter uitskakel. Die resultaat is ’n opwekker wat goedkoper en betroubaarder is en ook minder instandhouding verg. SWET hoop om ‘n 15 kW-SPMIG as ’n tweede produk te kommersialiseer. Hierdie tegnologie het egter ook toepassings in baie groter windturbines.
  • Die magnetiese rat maak van magnete gebruik om wringkrag tussen ’n inset- en leweringsas oor te dra sonder enige meganiese kontak. Die laer instandhoudingsvereistes van die magnetiese rat maak dit ideaal vir gebruik in volhoubare-energieopwekkers.
  • Die Suid-Afrikaanse Antarktiese Windenergieprogram by SANAE IV is deur Universiteit Stellenbosch se Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese geïnisieer. Ons windenergietegnologie is afhanklik van die voorsiening van hoëgehalte-lemme deur Aero Energy, ’n afwentelmaatskappy met sy basis by die Noordwes Universiteit (waar ons nou met Rudi van der Walt saamwerk). Pasgemaakte lemme word spesifiek vir elke nuwe opwekker ontwerp wat beteken dat die skep van ’n gesonde verhouding met ons lemverskaffer van die grootste belang is.

Kliek hier om 'n PDF met die inligting oor hierdie tegnologie te genereer.


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University