skip to content

Meer oor InnovUS > Ontmoet US navorsers

    SOEK 

Doktor Stephen Pelly: Medisinale chemie

11/05/2011
Ontmoet US navorsers >>

Wat behels die navorsing?

Dr. Stephen Pelly se navorsing fokus op medisinale chemie wat behels die ontwikkeling en sintese van nuwe geneesmiddels wat op spesifieke siektes gerig is.

Waarom is dit tersaaklik?

'n Beduidende deel van dr. Pelly se tyd word bestee aan molekulre modellering as 'n instrument om nuwe organiese samestellings te ontwikkel wat goed geakkommodeer kan word op die aktiewe terrein van kritieke proteïen van belang vir die twee spesifieke siektes wat Sub-Sahara Afrika teister, naamlik MIV en malaria. Die doel van hierdie pasgemaakte molekules is dat hulle dig en selektief met die verlangde teikenproteïen sal bind wat hulle potente inhibitors van die siekte maak met min toksiese newe-effekte.

Sodra die ontwikkelingstadium afgehandel is, lei dr. Pelly 'n span organiese chemici wat hierdie molekules sintetiseer sodat dit  vir doeltreffendheid getoets kan word. Met behulp van hierdie proses kan verskeie molekules wat belowende aktiwiteit teen die verlangde teiken toon, geïdentifiseer en verder deur die modellering se sinteseproses geoptimaliseer word sodat dit in 'n handjievol  samestellings ontwikkel kan word wat doeltreffend teen die siekte is en die potensiaal het om tot die kandidaatstadium te vorder.  Op hierdie stadium sal die span se werk heelwaarskynlik aan groot farmaseutiese organisasies gelisensieer word wat dan op hul beurt die daaropvolgende stadiums van die samestellings se ontwikkeling sal finansier ten einde uiteindelik nuwe en doeltreffender middels vir hierdie siektes te ontwikkel.

Wat hou die toekoms in?

Op die oomblik werk dr. Pelly saam met 'n span van Emory Universiteit in Atlanta, VSA aan 'n projek om 'n nuwe antiretroviale middel te ontwikkel. Daar is 'n voortdurende en dringende behoefte om nuwe antiretroviale middels vir MIV te ontwikkel omdat pasiënte weerstand teen die bestaande middels ontwikkel. Dr. Pelly werk ook saam met die Suid-Afrikaanse Malaria Inisiatief (SAMI) aan twee projekte gerig op kritieke ensieme vir die dodelikste soort malaria, naamlik Plasmodium falciparum.

Meer oor die navorser

Dr. Stephen Pelly het sy MSc en PhD in Organiese Chemie aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Hy is tans 'n senior lektor in die departement Chemiese en Polimeerwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. As dr. Pelly nie in sy kantoor besig is om nuwe, moontlike lewensreddende middels te modelleer nie, is hy 'n kranige kitaarspeler en geniet ook fotografie.


Terug


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University