skip to content

Nuus en gebeure > Gebeure

    SOEK 

Gespesialiseerde program vir aspirantentrepreneurs

04/03/2011
Gebeure >>

Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool se ontwikkelingsafdeling, Executive Development Bpk. (USB-ED),  en die Louis Group Business Academy bied vanjaar weer eens ’n program vir aspirantentrepreneurs aan. Hierdie program berus op die unieke samewerking tussen die Louis Group en USB-ED. Die Louis Group se sakebeginsels wat oor nege dekades as ’n suksesvolle familiebedryf ontwikkel is, word in die program deur die USB-ED se akademiese insigte ondersteun. Die inhoud van die program behels, maar is nie beperk tot, die beginsels van leierskap en bestuur, finansies en bemarking. Die program word op Maandag- en Donderdagaande oor ’n tydperk van 20 weke aangebied met twee innames per jaar in Januarie en Julie. Kliek op die skakels hieronder vir meer inligting oor die program of skakel InnovUS.


Terug


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University