skip to content

Meer oor InnovUS > Ontmoet US navorsers

    SOEK 

Ontmoet ons navorser: Prof. Jens Kossmann: Plantbiotegnologie

27/07/2010
Ontmoet US navorsers >>

Wat behels die navorsing?
Prof. Jens Kossmann is direkteur van die Instituut vir Plantbiotegnologie by die departement van genetika aan Universiteit Stellenbosch. Die instituut is in samewerking met die Suid-Afrikaanse suikerrietnavorsingsinstituut gestig. Die fokus van die instituut se navorsing is tweeledig van aard: Eerstens om die sukrose-akkumulasie in suikerriet deur middel van genetiese manipulasie te verhoog en tweedens om die biomassa in suikerriet te optimaliseer.

Waarom is dit tersaaklik?
Deur die sukrose-inhoud in suikerriet te verhoog, kan prof. Kossman en sy kollegas 'n hoër oesopbrengs vir suikerproduseerders bied. Die sukrose-inhoud word deur die genetiese manipulasie van die suikerriet verhoog deur middel van die op- of afregulering van die ensieme wat 'n uitwerking op die metabolisme van koolhidrate het.
Die optimalisering van die biomassa fokus daarop om die maksimum gebruik uit suikerriet te kry. Suikerriet is tradisioneel fyngedruk, die sukrose geëkstraheer en twee-derdes van die suikerriet is nie gebruik nie. Die Instituut vir Plantbiotegnologie wil die biomassa optimaal aanwend sodat dit vir die vervaardiging van biobrandstof gebruik kan word.

Wat hou die toekoms in?
Toekomstige navorsing by die Instituut vir Plantbiotegnologie wil plante meer produktief maak met minder insette. Deur genetiese manipulasie kan die insette soos water, insekdoders en bemestingstowwe verminder word en plante wat geharder is en minder instandhouding vereis, kan geskep word.

Meer oor die navorser
Prof. Kossmann is in Duitsland gebore en het vyf jaar gelede uit Denemarke na Suid-Afrika gekom. In Denemarke was hy hoof van die departement van plantnavorsing by die Risø Nasionale Laboratorium in Roskilde. In sy vryetyd  (“Ek het maar min daarvan,” sê hy) is hy ook 'n ywerige kok en geniet hy dit om te lees as hy met vakansie is.
 


Terug


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University