skip to content

Meer oor InnovUS > Ontmoet US navorsers

    SOEK 

Professor Peter Mallon: Polimeerwetenskap

18/04/2011
Ontmoet US navorsers >>

Wat behels die navorsing?

Professor Peter Mallon se navorsing konsentreer op die skepping en ontleding van polimeermateriaal met komplekse morfologie. Morfologie verwys na die vastestaatstruktuur van die polimeer waardeur sy fisieke eienskappe en dus sy toepassingsmoontlikhede bepaal word.

Waarom is dit tersaaklik?

Wanneer die polimeermateriaal aan prosesse soos elektrospin onderwerp word, vervaardig dit polimeernanovesels met 'n buitengewone hoë oppervlaktegebied. Hierdie nanovesels kan dan by bestaande komposiete gevoeg word om nanokomposiete te vervaardig met baie verbeterde meganiese eienskappe. As polimeernanovullers byvoorbeeld by silikoon gevoeg word, versterk dit die silikoon en verbeter die meganiese eienskappe.

Daarbenewens kan organiese en anorganiese hibriede polimeer ook gebruik word om amplifiliese (met 'n voorkeur vir water en lipiede) materiaal te vervaardig.  As amplifiliese materiaal in 'n oplossing geplaas word, word dit gedwing om deur byvoorbeeld manipulasie as gevolg van eksterne veranderinge aan die oplossing en temperatuur, sekere strukture te ontwikkel. Hierdie nuwe strukture kan op hulle beurt aangewend word om hoogs poreuse nanovesels deur middel van nanospin te vervaardig.

Wat hou die toekoms in?

Poreuse nanovesels het 'n baie hoë oppervlaktegebied koolstofvesel wat talryke aanwendings vir prosesse soos katalise en batterytoepassings inhou. Kortliks, die meeste toestelle wat tans  koolstofvesels gebruik, sal baat vind by 'n koolstofvesel met 'n hoër oppervlaktegebied.

Meer oor die navorser

Prof. Peter Mallon is tans 'n medeprofessor in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het sy Meestersgraad en PhD in Polimeerwetenskap aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal en daarna postdoktorale navorsing aan die Universiteit van Missouri in Kansas City, VSA afgehandel. Prof.  Mallon is 'n ywerige gholfspeler en hou ook daarvan om na ongewone bestemmings te reis.


Terug


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University