skip to content

Meer oor InnovUS > Ontmoet US navorsers

    SOEK 

Professor Thomas Jones: Rekenaarbeheerstelsels

11/05/2011
Ontmoet US navorsers >>

Wat behels die navorsing?

Professor Thomas Jones is die leier van 'n groep van ses navorsers en ongeveer 30 nagraadse studente wat die aanwending  van ingelate beheerders om die beheer van dinamiese stelsels soos onbemande vliegtuie te outomatiseer, bestudeer. Met behulp van  ingelate beheerders kan vliegtuie geleer word hoe om op te styg en te land, van een bestemming na die ander te vlieg en probleme op pad outomaties op te los.

Waarom is dit tersaaklik?

Geoutomatiseerde beheerstelsels het 'n wye verskeidenheid praktiese toepassings. Hulle is veral nuttig as die betrokke werk “vervelig, vuil of gevaarlik is”, verduidelik prof. Jones. Onbemande geoutomatiseerde vliegtuie kan byvoorbeeld gebruik word om gedetailleerde foto’s van die Suid-Afrikaanse kusstrook te neem om die beweging van die breekwaterstrukture op te teken. Tans word hierdie tydrowende taak deur bemande vliegtuie gedoen en wat 'n duur en vervelige proses is. “Vuil” omstandighede verwys na omgewings waar daar baie besoedeling  of hoë bestralingsvlakke is. 'n “Gevaarlike” situasie is wanneer onbemande vliegtuie voedselvoorraad na oorloggeteisterde gebiede vervoer.

Geoutomatiseerde  beheerstelsels kan ook menslike prestasie verbeter. Deur middel van geoutomatiseerde beheerstelsels kan die brandstof van 'n groot passasiersvliegtuig soos die Airbus A-330 met 'n vlieënier aan boord outomaties herlaai word terwyl die twee A-330-vliegtuie agtermekaar vlieg. Absolute konsentrasie is nodig om hierdie taak per hand te doen en baie moeilik om vol te hou vir die 20 minute wat vereis word om die brandstof te herlaai.

Wat hou die toekoms in?

Dit is duidelik dat daar veelvuldige toepassings vir hierdie navorsing is, maar op die oomblik poog prof. Jones en sy span om te voldoen aan die wetgewing wat veiligheid van vlugte beheer. “Ons moet verseker dat ons aan dieselfde veiligheidstandaarde voldoen as in die geval van 'n bemande vliegtuie,” sệ hy.

Meer oor die navorser

Prof. Thomas Jones is 'n medeprofessor in die departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het die grade BSc(Ing) en MSc(Ing) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf voordat hy sy PhD  in Aero Astro Ingenieurswese aan die MIT in Massachusets, VSA, behaal het. Hy is die trotse vader van 'n energieke kleuter en as hy die kans kry, geniet hy dit om te kampeer en te reis.


Terug


Tuisblad | Afstanddoening | Privaatheidsbeleid | Skakel ons | Meer oor ons | Algemene vrae (FAQ) | Skakels | Terreinkaart

© Kopiereg 2002 - 2012 | InnovUS, die tegnologie-oordragmaatskappy van Universiteit Stellenbosch.
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie webtuiste mag op enige wyse of in enige vorm
gekopieer of gestoor word sonder die vooraf toestemming van InnovUS nie.

Stellenbosch University