SUNKOM

SUNKOM

SUNKOM het sy ontstaan gevind in die behoefte van Stellenbosch Universiteit om bedryfskostes te besnoei. Dienste afdelings wat wel lewensvatbaar bedryf kan word, is mettertyd gekommersialiseer en onder die beheer van SUNKOM geplaas. Ons is een van vele besigheidsafdelings by Stellenbosch Universiteit. Alle afdelings van SUNKOM is totaal onafhanklik en ontvang geen finansiële hulp van Stellenbosch Universiteit nie.

Die volgende Operasionele Afdelings word geidentifiseer:

  • Behuisingsdienste
  • Verhuringskantoor
  • Kopieerdienste
  • Die Matie winkel
  • Maties Melk
  • Botaniese Tuine
  • Kampus Koffiewinkels

Kollektief strewe ons daarna om 'n omvattende, ondersteunende diens van uitnemendheid op koste-effektiewe wyse aan Stellenbosch Universiteit, sy studente en personeel sowel as die publiek en buite-instansies te lewer.

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel