Kom op Hoogte van Internasionale Patentreg

Kom op Hoogte van Internasionale Patentreg

Innovus bied 'n gratis inleidende kursus tot internasionale patentreg aan. Die aanbieder is Hans Nieuwkamp, 'n spesialis op die gebied van internasionale patentreg. Hierdie is jou kans om meer te wete te kom oor die beginsels van internasionale patentreg, veral die vereistes van Nuutheid en Vindingryke Stap.

DATUM: Donderdag 14 November 2013

TYD: 13:30 – 16:30

PLEK: Pulp Fliekteater, Neelsie

RSVP aan innovusp@sun.ac.za teen 13 November 2013 om jou plek te bespreek.

MEER OOR DIE AANBIEDER:

Mnr. Nieuwkamp het ‘n graad in Chemiese Ingenieurswese aan die Tegniese Universiteit van Enschede in Nederland verwerf. Hy is ‘n senior patentraadgewer by FrieslandCampina en het voorheen as ‘n senior patentprokuteur by Royal DSM,’n wêreldwye wetenskapgebaseerde maatskappy, gewerk.