Innovus Instant Access™ Lisensiëring

Innovus Instant Access™ Lisensiëring

GRATIS VERSNELDE TOEGANG TOT UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE TEGNOLOGIE

Innovus Instant Access™ lisensiëring bied maklike toegang tot uitgesoekte toonaangewende tegnologieë in ons intellektuele-eiendomsportefeulje.

Ons verstaan dat maatskappye soms huiwerig is om hulle in 'n omslagtige onderhandelingsproses te begewe ten einde nuwe en ongetoetste tegnologieë te lisensieer. Deur Innovus Instant Access™ lisensiëring versnel die Universiteit hierdie proses en voorsien private entiteite van 'n geleentheid om nuwe tegnologie met die minimum moeite en absoluut geen koste vooraf nie in hul sake-omgewings toe te pas.

Belangstellendes in die beskikbare tegnologieë moet 'n motivering saam met hul versoek om toegang tot spesifieke gepatenteerde tegnologieë te verkry, instuur. Wanneer dit goedgekeur is, sal Innovus die maatskappy aan die betrokke navorsers bekendstel en daarna ons standaard-tegnologielisensie volgens Innovus Instant Access™ opstel. Hierdie lisensie is 'n vereenvoudigde standaarddokument van twee bladsye lank met bepalings waarvolgens belangstellende vennote volle kommersiële gebruik van die gepatenteerde tegnologieë vir tot solank as drie jaar verkry ten einde die impak en potensiaal daarvan te evalueer. Die evalueringstydperk sal die maatskappy in staat stel om dit in hul sake-omgewing te implementeer en waar toepaslik, die mark te toets en te ontwikkel vir produkte wat daaruit kan volg. Die geleentheid is gratis, maar 'n minimale R1 000-lisensiegeld per jaar of 1% van die inkomste wat as gevolg van die gebruik van die tegnologie gegenereer word, wat ook al die meeste is, word egter gehef as enige inkomste uit hierdie proses sou voortvloei.

Die Innovus Instant Access™ lisensiëringsinisiatief stel ons in staat om die struikelblokke in die deel van ons navorsingsuitkomste aansienlik te verklein en die toepassing daarvan tot voordeel van die ekonomie en samelewing moontlik te maak. Ons vertrou dat hierdie inisiatief vennootskappe in die bedryf sal bevorder, mededingendheid sal verbeter en werkskepping sal stimuleer.

Kliek hier vir 'n lys van die beskikbare tegnologieë in die lisensiëringsiniatief Innovus Instant Access™
Kliek hier om die Statement of Intent for licence af te laai.

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel