Innovus personeel verwerf internasionale tegnologie-oordrag status

Innovus personeel verwerf internasionale tegnologie-oordrag status

Drie van Innovus se Tegnologie-oordagkantoor het internasionale erkenning verwerf as tegnologie-oordrag deskundiges van die Alliance for Technology Transfer Professionals. Joubert de Wet, Nolene Singh en Doris Peters bevind hulle nou in ’n uitgelese groep van net meer as 564 tegnologie-oordrag deskundiges met RTTP-status (Registered Technology Transfer Professional). Innovus het nou twee keer soveel RTTP deskundiges as die tegnologie-oordragkantoor wat tans tweede op die lys in Suid-Afrika is – net nog ’n bewys van hoe sterk hierdie span is.

RTTP is die internasionaal-erkende raamwerk wat die standaard stel vir tegnologie-oordrag deskundiges. Hierdie status is die professionalisering van tegnologie-oordrag as ’n loopbaan, en dit bied tegnologie-oordrag praktisyns erkenning vir die bereiking van ’n eweknie-geëvalueerde professionele vlak in hul loopbaan. RTTP impliseer ook ʼn verbintenis tot die professionele ontwikkeling en persoonlike uitnemendheid van ’n individu en gee erkenning aan die bereiking van wêreldklas-standaarde in die uitvoering van werk op hierdie gebied.

“RTTP weerspieël bekwaamheid,” sê Anita Nel, Hoofdirekteur van Innovus. “Hierdie internasionale benaming is ’n bewys dat werknemers, kollegas en vennote getoon het dat hulle oor die kernvaardighede beskik om doeltreffend te werk op die gebied van tegnologie-oordrag en dat hulle oor voldoende ondervinding beskik om daadwerklik waarde toe te voeg gebaseer op hulle erkende baanrekord.  

Kom ons hoor wat ons kandidate te sê het oor hulle toekennings:

Joubert de Wet:

“Dit is ’n opwindende mylpaal in my professionele reis om deur ’n groep hoogs ervare internasionale eweknieë erkenning te kry vir my ervaring en kundighede om doeltreffend te kan werk op die gebied van tegnologie-oordrag.”

Nolene Singh:

“Vir my versinnebeeld RTTP-status my persoonlike en professionele geloofwaardigheid op ’n internasionale vlak in tegnologie-oordragbestuur. Dit beteken vir my dat ek die vaardighede  en nodige ervaring het om ʼn suksesvolle tegnologie-oordrag deskundige te wees.“

Doris Peters:

“Ek het nie woorde om te verduidelik hoe spesiaal en bevredigend dit is om RTTP-status te bereid het nie: om professionele erkenning van die tegnologie-oordraggemeenskap (internasionaal) te ontvang, voel wonderlik en uit hierdie wêreld. Ek kon nooit eens droom om vir RTTP-status aansoek te doen nie omdat dit slegs vir tegnologie-oordrag deskundiges bedoel is. Nou dat ek hierdie erkenning ontvang het, weet ek die deur is oop vir enige tegnologie-oordrag administrateur/amptenaar/koördineerder om die kans te vat en aansoek te doen. Ek kon dit nie vermag het nie sonder die ondersteuning van my span, en veral Anita Nel, wat my elke dag inspireer om buite my kassie te werk en te lewe.”