Stefan Du Toit

Stefan Du Toit

Strateeg: Innovasie en Kommersialisering

Stefan besit ’n GR(SA)-kwalifikasie en het sy HonsBRek-graad in 1999 aan die Universiteit Stellenbosch behaal.

Groei en innovasie was nog altyd die fokus van sy belangstelling op sy loopbaanpad en hy beskik oor ondervinding in die plaaslike en internasionale sfeer.

Sy ervaring sluit in groeibestuur by ’n Nasdaq-genoteerde maatskappy in die VS, regruk- en sakebestuurkonsultasie, die stigting van ’n SA maatskappy wat by uitstek energiedoeltreffende produkte ontwikkel, energieverskansing in Suider-Afrika, en die uitbreiding van ’n ontluikende SA mediamaatskappy se internasionale voetspoor (na Europa, Asië, Noord- en Suid-Amerika); terwyl hy te midde van ekonomiese krisisse in Suid-Amerika nog tyd kon vind om dié lande op sy vlieërseilbord te ontdek.

Hy is passievol oor voortgesette leer en sy fokus deur Innovus is die kommersialisering van verskeie bates by die Universiteit Stellenbosch, asook tegnologieë en intellektuele eiendom wat uit aktiwiteite van die Universiteit voortspruit.


Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel