Noluthando Tshijila

Noluthando Tshijila

Administratiewe Beampte vir Intellektuele Eiendom: Lisensiëring- en Bemarkingsteun

Noluthando is sedert September 2018 verbonde aan Innovus as ’n administratiewe beampte vir intellektuele eiendom, met die klem op lisensiëring- en bemarkingsteun. Nolu het in 2010 ’n baccalaureusgraad in bestuur aan die Walter Sisulu-universiteit verwerf met kantoorbestuurstegnologie en bedryfsbestuur as hoofvakke. Sy het vyf jaar ondervinding as ’n nagraadse administratiewe assistent in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Kaapstad. Sy was gretig om haar by ’n dinamiese kantoor soos Innovus aan te sluit waar sy haar kwalifikasie, vorige werkservaring en kennis prakties kan toepas.

As ’n nuweling in ’n tegnologieoordragkantoor soos Innovus, konsentreer Nolu daarop om saam met die span te werk en sodoende kennis en ervaring op te doen om uiteindelik selfstandig in ’n tegnologieoordragkantoor te funksioneer.

Afgesien van haar werksverantwoordelikhede, vervul Nolu ook ’n belangrike rol in haar kerk. Haar hoofverantwoordelikheid is om nuwe kerklidmate te verwelkom, te laat tuis voel en hulle plek in die huis van die Here te help vind. Sy is oor die algemeen ’n blymoedige, innemende persoon met ’n goeie humorsin en ’n liefde vir dans en musiek. Sy geniet tyd saam met Khazimla, haar driejarige seun, en om na haar tuisprovinsie, die Oos-Kaap, sowel as plekke soos Rustenburg in Johannesburg te ontsnap.

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel