Liezel Britz

Liezel Britz

Kopiereg & Kort Kursus Beampte

Liezel het haar loopbaan in 2009 as ’n administratiewe beampte by die Universiteit van die Vrystaat (UV) begin en haar baccalaureusgraad in bestuursleierskap in 2016 van die Sentrum vir Sakedinamiek by die UV se Bestuurskool verwerf. 

Sy het haar in Mei 2017 as kopiereg- en kortkursusadministrateur by die Universiteit Stellenbosch aangesluit, en konsentreer tans daarop om haar kennis oor voldoening op die gebied van intellektuele eiendom uit te brei, sowel as om die fyner kunsies van kortkursusbeheer te bemeester.

Wanneer sy nie in die kantoor doenig is nie, geniet Liezel dit om in die tuin te werk, met haar honde te gaan stap en die natuur te ervaar.

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel