’n Metode vir die Behandeling van Alzheimersiekte Geassosieerde Oormatige Bloedklonting

’n Metode vir die Behandeling van Alzheimersiekte Geassosieerde Oormatige Bloedklonting

The use of lipopolysaccharide (LPS)-binding protein (LBP) to treat Alzheimer’s Disease (AD) by reducing hypercoagulation (exaggerated blood clotting) commonly associated with this disease.

Kort Beskrywing

Die gebruik van lipopolisakkaried(LPS)-bindingsproteïen (LBP) vir die behandeling van alzheimersiekte (AS) deur die vermindering van hiperkoagulasie (oormatige bloedklonting) wat oor die algemeen met hierdie siekte geassosieer word.

Unieke Kenmerke

Die navorsers wat vir die ontwikkeling van hierdie uitvinding verantwoordelik is, het onlangs aangedui dat daar ’n bakteriële komponent betrokke is by die etiologie van inflammatoriese toestande, waaronder alzheimersiekte. Verskeie navorsingstudies het bevind dat die pirogeniese bakteriewandkomponent LPS (van die buitenste membraan van gram-negatiewe bakterieë) ’n kragtige inflammageen is (ontlok ’n inflammatoriese reaksie) wat hiperkoagulasie in ’n menigte inflammatoriese toestande veroorsaak.

Teikenmark

Hierdie uitvinding is op die volgende bedrywe gemik:
  • Farmaseutiese maatskappye
  • Biotegnologiemaatskappye
  • Maatskappye wat kliniese toetse doen

Waardevoorstel / Voordele

Inflammasie dra by tot die ontwikkeling van AS. Hiperkoagulasie is ’n belangrike merker vir inflammasie, en die vermindering van dié oormatige bloedklonting kan met die gebruik van LBP moontlik die ontwikkeling van verskeie komorbiditeite (kardiovaskulêre komplikasies; pulmonêre embolisme; trombotiese iskemiese beroerte, ens) by pasiënte wat aan AS ly, beperk. Verder kan hierdie tegnologie gebruik word vir die voorkoming/vermindering van sistemiese hiperkoagulasie, wat uiteindelik mikrosirkulasie aantas en vaskulêre siektes veroorsaak.

Tegniese Beskrywing

Hierdie uitvinding voorsien ’n beperkte, ingreepsvrye behandelingsopsie vir hiperkoagulasie wat met toestande soos AS verband hou en inflammatories van aard is.

Hoofnavorsers

Professor Resia Pretorius, Departement Fisiologiese Wetenskappe, Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch

Professor Douglas Kell, Skool vir Chemie & Manchester Instituut vir Biotegnologie, Universiteit van Manchester

Innovasistatus

’n Patentaansoek (PCT-aansoek) met die aansoeknommer PCT/IB2017/056118 is vir hierdie uitvinding ingedien.

Downloads

Download PDF