'n Metode vir die Behandeling van Parkinsonsiekte Geassosieerde Oormatige Bloedklonting

'n Metode vir die Behandeling van Parkinsonsiekte Geassosieerde Oormatige Bloedklonting

Kort Beskrywing

Die gebruik van lipopolisakkaried(LPS)-bindingsproteïen (LBP) vir diebehandeling van Parkinsonsiekte (PS) deur die vermindering van hiperkoagulasie (oormatige bloedklonting) wat oor die algemeen met hierdie siekte geassosieer word.

Unieke Kenmerke

Die navorsers wat vir die ontwikkeling van hierdie uitvinding verantwoordelik is, het onlangs aangedui dat daar ’n bakteriële komponent betrokke is by die etiologie van inflammatoriese toestande, waaronder Parkinsonsiekte. Verskeie navorsingstudies het bevind dat die pirogeniese bakteriewandkomponent LPS (van die buitenste membraan van gram-negatiewe bakterieë) ’n kragtige inflammageen is (ontlok ’n inflammatoriese reaksie) wat hiperkoagulasie in ’n menigte inflammatoriese toestande veroorsaak.
 
LBP kom natuurlik in die menslike liggaam voor, maar by siektetoestande soos PS word minder LBP vervaardig. In die konteks van sistemiese inflammasie kan oortollige LPS gevolglik nie genoegsaam gebind en verwyder word nie, wat tot ’n toestand van hiperkoagulasie lei. Hierdie uitvinding stel die gebruik van LBP voor vir die behandeling van hiperkoagulasie in inflammatoriese toestande soos AS.

Teikenmark

Hierdie uitvinding is op die volgende bedrywe gemik:

  • Farmaseutiese maatskappye
  • Biotegnologiemaatskappye
  • Maatskappye wat kliniese toetse doen

Waardevoorstel / Voordele

Inflammasie dra by tot die ontwikkeling van PS. Hiperkoagulasie is ’n belangrike merker vir inflammasie, en die vermindering van dié oormatige bloedklonting kan met die gebruik van LBP moontlik die ontwikkeling van verskeie komorbiditeite (kardiovaskulêre komplikasies; pulmonêre embolisme; trombotiese iskemiese beroerte, ens) by pasiënte wat aan PS ly, beperk.Verder kan hierdie tegnologie gebruik vir die voorkoming/ vermindering vermindering van sistemiese hiperkoagulasie, wat uiteindelik mikrosirkulasie aantas en vaskulêre siektes veroorsaak. Hierdie uitvinding voorsien ’n beperkte, ingreepsvrye behandelingsopsie vir hiperkoagulasie wat met toestande soos PS verband hou en inflammatories van aard is.

Tegniese Beskrywing

Volgens die Parkinson’s Disease Foundation ly ongeveer 10 miljoen mense wêreldwyd aan parkinsonsiekte. Verder beloop die gesamentlike direkte en indirekte koste verbonde aan PS(behandelingskoste, verlies aan inkomste vanweë onvermoë om te werk, ens) in die VSA alleen ongeveer 25 miljard dollar. Ons navorsers het onlangs bevind dat LBP oor die vermoë beskik om hiperkoagulasie in PS en ander toestande om te keer. Met die gebruik van  anderingselektronmikroskopie (SEM) en konfokale mikroskopie het die navorsers bevind dat bloedplaatjie-arm plasma van proefpersone met PS ’n veel groter neiging tot hiperkoagulasie en amiloïedgenese toon, en dat al twee toestande deur LBP-behandeling omgekeer kan word. Hierdie data bewys dat PS behandel kan word met die toediening van LBP aan pasiënte wat aan die siekte ly.

Hoofnavorsers

Professor Resia Pretorius, Departement Fisiologiese Wetenskappe, Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch

Professor Douglas Kell, Skool vir Chemie & Manchester Instituut vir Biotegnologie, Universiteit van Manchester

Innovasiestatus

'n Patentaansoek (PCT-aansoek) met die aansoeknommer PCT/IB2017/056117 is vir hierdie uitvinding ingedien.

 

Downloads

Download PDF
Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel