’n Metode vir die Behandeling van Tipe 2- Diabetes Mellitus Geassosieerde Oormatige Bloedklonting

’n Metode vir die Behandeling van Tipe 2- Diabetes Mellitus Geassosieerde Oormatige Bloedklonting

Kort Beskrywing

Die gebruik van lipopolisakkaried(LPS)-bindingsproteïen (LBP) vir die behandeling van Tipe 2-Diabetes Mellitus (T2DM) deur die vermindering van hiperkoagulasie (oormatige bloedklonting) wat oor die algemeen met hierdie siekte geassosieer word.

Unieke Kenmerke

Die navorsers wat vir die ontwikkeling van hierdie uitvinding verantwoordelik is, het onlangs aangedui dat daar ’n bakteriële komponent betrokke is by die etiologie van inflammatoriese toestande, waaronder Tipe 2-Diabetes Mellitus. Verskeie navorsingstudies het bevind dat die pirogeniese bakteriewandkomponent LPS (van die buitenste membraan van gramnegatiewe bakterieë) ’n kragtige inflammageen is (ontlok 'n inflammatoriese reaksie) wat hiperkoagulasie in ’n menigte inflammatoriese toestande veroorsaak. LBP kom natuurlik in die menslike liggaam voor, maar by siektetoestande soos T2DM word minder LBP vervaardig. In die konteks van sistemiese inflammasie kan oortollige LPS gevolglik nie genoegsaam gebind en verwyder word nie, wat tot ’n toestand van hiperkoagulasie lei. Hierdie uitvinding stel die gebruik van LBP voor vir die behandeling van hiperkoagulasie in inflammatoriese toestande soos AS.

Hierdie uitvinding is op die volgende bedrywe gemik:

  • Farmaseutiese maatskappye
  • Biotegnologiemaatskappye
  • Maatskappye wat kliniese toetse doen

Waardevoorstel/ Voordele

Inflammasie dra by tot die ontwikkeling van T2DM. Hiperkoagulasie is ’n belangrike merker vir inflammasie, en die vermindering van dié oormatige bloedklonting kan met die gebruik van LBP moontlik die ontwikkeling van verskeie komorbiditeite (kardiovaskulêre komplikasies; pulmonêre embolisme; trombotiese iskemiese beroerte, ens) by pasiënte wat aan T2DM ly, beperk. Verder kan hierdie tegnologie gebruik word vir die voorkoming/vermindering van sistemiese hiperkoagulasie, wat uiteindelik mikrosirkulasie aantas en vaskulêre siektes veroorsaak.

Hierdie uitvinding voorsien ’n beperkte, ingreepsvrye behandelingsopsie vir hiperkoagulasie wat met toestande soos T2DM verband hou en inflammatories van aard is.

Tegniese Beskrywing

Tipe 2-diabetes mellitus het ’n enorme impak op globale gesondheid vanweë die siekte se bydrae tot kardiovaskulêre toestande en mortaliteit. In 2011 het die Internasionale Diabetesfederasie aangevoer dat 5 miljoen sterfgevalle jaarliks direk aan T2DM toegeskryf kan word, wat ’n groter las as die gekombineerde effek van MIV-Vigs, tuberkulose en malaria is.

Ons navorsers het onlangs bevind dat LBP oor die vermoë beskik om hiperkoagulasie in T2DM en ander toestande om te keer. Met die gebruik van skanderingselektronmikroskopie (SEM) en konfokale mikroskopie het die navorsers bevind dat bloedplaatjie-arm plasma van proefpersone met T2DM ’n veel groter neiging tot hiperkoagulasie en amiloïedgenese toon, en dat al twee toestande deur LBP-behandeling omgekeer kan word. Hierdie data bewys dat T2DM behandel kan word met die toediening van LBP aan pasiënte wat aan die siekte ly.

Hoofnavorsers

Professor Resia Pretorius, Departement Fisiologiese Wetenskappe, Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit Stellenbosch

Professor Douglas Kell, Skool vir Chemie & Manchester Instituut vir Biotegnologie, Universiteit van Manchester

Innovasiestatus

'n Patentaansoek (PCT-aansoek) met die aansoeknommer PCT/IB2017/056115 is vir hierdie uitvinding ingedien.

Downloads

Download PDF
Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel