Versneller-uur

Versneller-uur

Wens jy soms jy kan jou sakeidees met iemand met uitgebreide ervaring in die sakewêreld bespreek? Stel jou voor die vrae wat jy sou kon vra as jy net 30 minute saam met 'n ware visioenêr in Suid-Afrika se korporatiewe omgewing gegun sou word.

Jy kan jou maar ophou voorstel en jou vrae begin voorberei: Innovus se Versneller-uur-program bied studente toegang tot 'n wye reeks sakeleiers in Suid-Afrika, wat ingestem het om as sakementors vir ons studente op te tree.

Hoe werk dit?

Vul die onderstaande vorm in, en maak seker jy gee soveel inligting as moontlik oor jou sakeidee, en maak ook 'n lys van jou belangrikste vrae. Hoe meer inligting jy vooraf kan verskaf, hoe beter kan jou mentor voorberei vir die vergadering met jou. Jy kan gerus wees dat alle inligting wat jy voorlê, as hoogs vertroulik hanteer sal word.

Wat is volgende?

Sodra ons jou versoek ontvang het, sal ons jou 'n tydgleuf van 30 minute saam met een van ons mentors gee. Jul afspraak sal by die InnovUS-kantore by De Beerstraat 15, Stellenbosch, plaasvind. Kom voorbereid met jou lys vrae en baie passie vir jou idee. Hou altyd basiese etiket in gedagte - jy mag nie vir jou mentor vir finansiering of werk vra nie.

Sakeidee aansoek vorm

Page: 1 of 1

VERSNELLER-UUR MENTORSKAPPROGRAM

Kliek hier vir lys van afrigters en mentors.

 

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel