AxioVR

WAAR WETENSKAP EN KUNS ONTMOET

SIEN IS GLO

AxioVR (Edms) Bpk ontwerp virtuelerealiteit- (VR-)sagteware om in die toenemende plaaslike en internasionale behoefte aan VR-paradigmas vir navorsing sowel as die bedryf te voorsien.

Dít sluit onder meer in die ontwikkeling van VR-paradigmas wat wisselende blootstelling aan stresoorsake soos hoogtes, vliegtuigritte, kloustrofobiese ruimtes en verskillende insekte bied. Die maatskappy voorsien ook interaktiewe projekvisualisering op meganiese, chemiese en siviele ingenieursgebied vir die akademie en die bedryf.

AxioVR bied sy kliënte virtuele oplossings met pasgemaakte sagtewareparadigmas wat in navorsing, opleiding en bemarking gebruik kan word.

Laai PDF hier af.