Cargo Telematics

Van die algemeenste oorsake vir vragmotorongelukke is vragte wat rondgly of nie behoorlik vasgemaak is nie. Cargo Telematics spits hom hierop toe en spaar maatskappye so geld en red lewens. Die maatskappy is deur Leo McNally gestig met die oog op die kommersialisering van 'n toestel wat as deel van sy finalejaarsprojek in Meganiese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch ontwerp is.

Die toestel monitor voortdurend die spanning in die bande wat die vrag in plek moet hou en pas dit outomaties aan wanneer dit enige verandering daarin bespeur. Dit maak dan die bestuurder, vlootbestuurder en/of versekeringsmaatskappy daarop attent.

Vir nog inligting gaan na www.cargotelematics.co.za of kontak Leo McNally by lmcnally@cargotelematics.co.za of +27 (0) 78 258 0996.