CUSTOS Technologies (Edms.) Bpk.

CUSTOS Technologies is deur prof. Gert-Jan van Rooyen, dr. Herman Engelbrecht en Frederic Lutz van die Universiteit Stellenbosch gestig. CUSTOS stel mediamaatskappye in staat om verbruikers te oorreed om nie die media wat hulle gekoop het, onwettig te deel nie. Sy tegnologie maak van kriptogeldeenhede soos "Bitcoin" gebruik, wat 'n wisselmedium is wat op kriptografie staatmaak om 'n finansiële transaksie te verseker en beskikbaarheid te kontroleer. Met die stelsel word 'n unieke kode in elke medialêer vasgelê wat 'n kriptogeldeenheid-deposito ontsluit. As 'n mediagebruiker lêers waartoe hy of sy toegang het, onwettig deel, kan iemand naby die kode kry en sy of haar deposito naamloos vir hom of haar toe-eien.

http://custostech.com/