Meer Oor Innovus

Meer Oor Innovus

Missie

Innovus se missie is om gravitas te gee aan Universiteit Stellenbosch se innovasie.

Ons streef daarna om Universiteit Stellenbosch se impak op die Suid-Afrikaanse samelewing te maksimeer deur die Universiteit se navorsingsuitsette te gebruik om entrepreneurship te promoveer, nuwe werksgeleenthede te skep en nuwe produkte en dienste daar te stel wat die behoeftes van alle Suid-Afrikaanse burgers aanspreek.

Innovus streef ook daarna om die Universiteit te ondersteun om 5e geldstroom inkomste te optimeer.
 


Meer Oor Ons

Innovus is die Universiteit Stellenbosch se universiteit-bedryfsinteraksie- en innovasiemaatskappy.

Innovus is verantwoordelik vir tegnologie-oordrag, entrepreneursondersteuning en -ontwikkeling, en innovasie by die Universiteit. Ons behartig die kommersialisering van die Universiteit se innovasie- en intellektuele-eiendomsportefeulje deur patentering, lisensiëring en die stigting van afwentelmaatskappye.

Deur ons LanseerLaboratorium (LaunchLab)-sakeinkubator bied ons aan entrepreneurs verskeie geleenthede en dienste. Daarbenewens is ons aandeelhouding in die Innovus-maatskappygroep 'n waardevolle bate vir die Universiteit.

Die Universiteit se afdeling vir Kortkursusse en outeursreg en Kommersiële Dienste is ook Innovus se verantwoordelikheid.

Ons webwerf bied 'n profiel van ons indrukwekkende portefeulje van patente asook middele en advies vir uitvinders wat hul idees wil kommersialiseer, en vir beleggers wat wil help om wonderlike idees 'n werklikheid te maak.

Blaai rond op ons webwerf of kliek hier om 'n spesifieke versoek aan ons te rig.

Laai PDF hier af.