Lanseerbyeenkomste

Lanseerbyeenkomste

Innovus bied regdeur die jaar 'n reeks lanseerbyeenkomste aan vir Innovasie Mavericks. Hierdie geleenthede sluit in aanbiedings deur hoëprofiel-sprekers vanuit 'n verskeidenheid industrieë, asook die geleentheid om na die aanbiedings met die sprekers te gesels.

Sprekers in die verlede sluit in dr. Jakob van Zyl (Mededirekteur van Projekformulering en Strategie by NASA se Jet Propulsion Laboratory), Johanna Koller (Google se industriebestuurder vir Suid-Afrika), Anton de Wet (Obsidian- en Telementa-stigter) en Ashley Uys (Besturende Direkteur van Real World Diagnostics).

Die reeks lanseerbyeenkomste sluit ook 'n jaarlikse Entrepreneursaand in met die fokus op sake-idees en hoe om onbelemmerd te dink oor die aanbieding van idees en formulering van jou missie en visie.

Vir meer inligting, skakel asseblief vir info@launchlab.co.za.