Cube Space

CubeSpace (Edms) Bpk

’n Maatskappy se kultuur word bepaal deur passie wat idees in aksie omskep. By CubeSpace is ons passie vir innovasie, die ruimte en beheerstelsels ’n kerndeel van alles wat ons doen. Ons ontwerp, bou, toets en ondersteun innoverende satellietkomponente van gehalte wat op klein skaal vervaardig word, met ’n besondere klem op beheerstelsels. Ons beskou onsself as vennote eerder as verskaffers, en roem op uitsonderlike vakmanskap, ’n buigsame en aanpasbare aanbod, sowel as goeie kliëntesteun. Ons glo ons help bou aan ’n bedryf wat alle jong ingenieurs en wetenskaplikes toegang tot die ruimte bied. Dít probeer ons doen deur gebruikervriendelike, robuuste, intuïtiewe en bowenal betroubare produkte te voorsien. Sodoende beoog ons om beduidend tot die tegnologiese vooruitgang van die mensdom by te dra.

 

Webtuiste: https://cubespace.co.za/