GeoSUN Africa (Pty) Ltd

GeoSUN Africa, 'n afwentelmaatskappy van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (CRSES) aan die Universiteit Stellenbosch, is in 2012 gestig. GeoSUN Africa bied 'n verskeidenheid dienste wat met die sonenergiebedryf verband hou, insluitend ondersteuning aan sonkragontwikkelaars van groot sonkragaanlegte (PV, CPV en CSP) en dak- of losstaande PV-installasies.

Hoewel steeds deel van CRSES, het GeoSUN Africa 'n noue werksverhouding gesmee met GeoModel Solar (in Slowakye gebaseer), die eienaar van die satelliet-afgeleide SolarGIS-sonkrag-databasis. Dié samewerking het uiteindelik aanleiding gegee tot GeoSUN Africa se huidige formele verhouding met GeoModel Solar in die vorm van 'n eksklusiwiteitsooreenkoms.

'n Noue werksverhouding word ook gehandhaaf met CS Africa, die agent vir die Kipp&Zonen-en Campbell Scientific-produkte in verskeie Afrikalande. Met die oog daarop om akkurate sonkrag-uitstralingsmetings te verseker en te handhaaf, werk GeoSUN Africa in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch se Navorsingsgroep vir Sonkrag- Termiese Energie (STERG), die Navorsingsgroep vir Volhoubare Energie (SERG) aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) in Durban en die Sentrum vir Energienavorsing (CER) aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth.

Dienste

GeoSUN Africa bied die volgende dienste en produkte:

  • Terreinseleksiestudies
  • Verskaffing van datatydreeks op grond van satellietinligting (SolarGIS)
  • Sonkragmetings op die spesifieke terrein (dit behels die spesifikasie, verkryging, installering, monitering en instandhouding van hierdie stasies asook gereelde aflaai van data, gehalte-ondersoeke en argivering)
  • Stoorbare sonkraghulpbron-verslae
  • Stoorbare generasievoorspellingsverslae
  • Stoorbare sonkragdata vir sonkragaanlegte in bedryf
  • Sonkragkaarte (dit sluit in GIS vir Google Earth-lae)

Alle satelliet-afgeleide dataverwante dienste/produkte in samewerking met GeoModel Solar

Kontakpersoon: Riaan Meyer

http://geosun.co.za

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel