Die Stellenbosch Nanofiber Company (SNC)

Die Stellenbosch Nanofiber Company (SNC) is in November 2011 gestig en fokus op die kommersialisering en verdere ontwikkeling van verskeie nanoveseltegnologieë wat by die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is. Hierdie tegnologieë sluit in twee prosesse vir die hoë-uitsetelektrospinproduksie van polimeernanovesels, asook 'n proses vir die maak van kontinuë nanoveselgaring.

Die nanoveselmateriale wat deur hierdie prosesse geproduseer word, kan in 'n wye verskeidenheid velde aangewend word, insluitend hoëprestasie-filtrering van vloeistowwe en gasse, biomediese materiale (onder meer wonddekkings, dwelmleweringsmateriale, selkultuur en matrikse vir weefselingenieurswese), energie (insluitend hoë-oppervlakelektrodes vir volgendegenerasie-batterye en brandstofselle, battery-skeiermembrane en superkapasitors), en ook liggewig- strukturele saamgestelde materiale ('composites') (bv. vir motorbou- en lugruim-toepassings). 

Kontakpersoon: Eugene Smit

Kliek hier vir die Silicon Cape praatjie

http://www.sncfibers.com