Extreme by Design

Extreme by Design

Ter viering van Internasionale Kreatiwiteits- en Innovasieweek (15–22 April) sal InnovUS konsentreer op die uitwerking wat goeie idees op die daaglikse lewens van alledaagse mense kan hê.

As deel daarvan vind 'n Mavericks-geleentheid op 17 April by die Neelsie-bioskoop plaas. Die aand sal afskop met die eerste vertoning van die rolprent Extreme by Design, buite die VSA. Die vertoning word gevolg deur 'n paneelbespreking oor hoe ons, as Suid-Afrikaners, 'n positiewe uitwerking op ons eie gemeenskappe kan hê.

Extreme by Design is 'n dokumentêr oor 'n groep universiteitstudente wat produkte ontwerp en bou om die oënskynlik onoorkomelike probleme van arm mense wêreldwyd op te los. Een student se span skep 'n asemhalingstoestel om te keer dat babas in Bangladesj aan longontsteking sterf. 'n Ander is weer op soek na 'n manier om drinkwater vir Indonesiese dorpenaars te berg.

Die rolprent begin op die eerste dag van 'n kursus in Entrepreneursontwerp vir Uiterste Bekostigbaarheid aan die Universiteit van Stanford, en eindig 'n jaar later wanneer een studentegroep na Asië terugkeer om hul toestel prakties te toets te midde van planne om 'n nuwe maatskappy te stig. Klik hier vir die lokprent.

Wanneer: 17 April 2013

Waar: Neelsie Bioskoop

Hoe laat: 19:00

RSVP teen 16 April by: innovusp@sun.ac.za

Kopiereg 2017 Innovus Technology Transfer, Alle Regte Voorbehou
Webtuiste deur NetMechanic ontwikkel