KUZE – kombinasiestoel-en-lessenaar vir sit of staan

KUZE – kombinasiestoel-en-lessenaar vir sit of staan

Die KUZE gebruik ’n innoverende verstellings- en sluitmeganisme sodat leerders in ’n kits van leerposisie kan verander sonder dat dit met hulle akademiese werk inmeng of die klas ontwrig.

Kort beskrywing

Die KUZE is ’n dubbeldoel-innovasie wat as ’n stoel én ’n staanlessenaar dien. Dié kostedoeltreffende en ruimtebesparende ontwerp is gegrond op huidige bewysgebaseerde aanbevelings om gesondheid en skoolprestasie te optimaliseer.

Unieke kenmerke

Die KUZE gebruik ’n innoverende verstellings- en sluitmeganisme sodat leerders in ’n kits van leerposisie kan verander sonder dat dit met hulle akademiese werk inmeng of die klas ontwrig. Die effens skuins oppervlak is perfek vir lees en skryf, en ’n linker- en regterskuifpaneel vergroot die werksarea ingeval die leerder met meer as een hulpbron werk. Hierdie kenmerke maak dit ook moontlik om te staan en werk en die voordele van korter sittyd te geniet.

Waardevoorstel / Voordele

Die KUZE
- verlaag die risiko van chroniese leefstylsiektes en sommige soorte kanker
- verlaag die risiko van skeletspiertoestande soos rugpyn, wat duur is om te behande
- verbeter konsentrasietyd, wat op sy beurt akademiese prestasie optimaliseer
- bespaar ruimte en is duursaam

Teikenmark

Hoewel dit aanvanklik ontwerp is om dinamiese ergonomie in skoolklaskamers te verbeter, is die KUZE ewe geskik vir gebruik in die korporatiewe of tuiskantoor.

Tegniese beskrywing

Die KUZE is geskik vir ’n wye verskeidenheid leerders van laer- tot hoërskool omdat dit by die antropometrie van die individu aangepas kan word.

Dit bied ses hoogtes en is maklik om te verstel. Die KUZE dien as ’n stoel of, indien dit op die bestaande werksoppervlak geplaas word, ’n staanlessenaar.

Hierdie multifunksionaliteit maak die KUZE kostedoeltreffend, vergroot die beskikbare vloerruimte en verbeter algemene beweeglikheid in die klas.

Dit bied leerders ook die keuse om gemaklik te staan en werk, wat sittyd verkort en die las op spinale strukture verminder. Volgens internasionale navorsing kan staande leer konsentrasie verbeter en lees- en skryftyd verleng, wat moontlike voordele vir akademiese prestasie inhou.

Hoofnavorsers

Professor Quinette Louw, Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch

Dr Sjan-Mari van Niekerk, Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch

Mnr Dominic Fisher, Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch

Mnr Jaco Langehoven, Jaco Studio

Innovasiestatus

’n Voorlopige Suid-Afrikaanse patentaansoek (aansoeknr 2017/07242) sowel as ’n aansoek om ’n Suid-Afrikaanse geregistreerde ontwerp is vir hierdie uitvinding ingedien.

Downloads

Download PDF